MunicipalNewsUpdate

Afbakening kwessie ‘n groot probleem vir inwoners van Marievale

Inwoners van die voormalige myngemeenskap op Marievale is raadop nadat die area ernstig verwaarloos word en geen munisipaliteit bereid is om verantwoordelikheid te neem nie.

NIGEL – “Ons stem elke jaar waar ons woon, maar ons ontvang geen munisipale dienste nie. Ons gemeenskap is in puin en word gevandaliseer”. So sê die verteenwoordiger van die voormalige myngemeenskap by Marievale, Chris Koutsiane. Die gemeenskap van Marievale word sedert die middel-1990’s verwaarloos, toe, volgens Koutsiane, die land en geboue aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) oorhandig is.

Die weermag het aanvanklik huur van die inwoners verhaal, maar het dit as gevolg van die inwoners se wanbetaling gestaak. In 2009 is die eienaarskap van die grond en geboue aan die Departement van Publieke Werke (DPW) deur die weermag oorhandig. “Hierdie departement gee nie om oor die “dorp” met sy waardevolle geboue en grond nie. Wat nog meer belangrik is, hulle gee nie om oor die inwoners en kinders hier nie. Ons het geen skole, kerke of selfs klinieke nie. Ek verstaan nie waarom die Departement van Publieke Werke nie net die area by Ekurhuleni Munisipaliteit inkorporeer nie.”

Lees gerus meer in die HERAUT van Woensdag, 13 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button