MunicipalNews

Gebarste pyp oorsaak van watertekort in Bergsig

'n Gebarste pyp was die oorsaak dat dele van Bersig Sondag sonder water moes klaarkom.

‘n Gebarste waterpyp was die oorsaak dat dele van Bergsig se huishoudings op 22 Februarie van 13:00 tot 15:00 sonder water moes klaarkom. Volgens Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LLM) het die persoon wat vir die instandhouding verantwoordelik is Sondag omstreeks 13:15 ‘n oproep ontvang dat water by ‘n pyp op die hoek van Vygiestraat en Asterlaan uitstroom. Die pyp was teen 15:00 herstel.
LLM sê gebarste pype word veral veroorsaak deur diewe wat kleppe vir skrootmetaal afsteel en dit dan ‘n te hoë drukking tot gevolg het. LLM doen ‘n beroep op inwoners om dié tipe diefstal by die munisipale kontrolekamer by 016 341 3116 of Heidelberg Polisie by 016 341 2570 of by die verskillende SAPD sektorvoertuie aan te meld. Die sektorvoertuie se selfoonnommers word weekliks
onder die SAPD Heidelberg Advisor-kolom in HERAUT gepubliseer.
Sien volledige berig in HERAUT van 25 Februarie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button