EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Klein Bradley kruip diep in Bobby se hart

- Bradley Fourie (5) wat met Erge Gekombineerde Immuniteitsgebrek gediagnoseer is, het saam met sy held Bobby van Jaarsveld gekuier.

Bobby het op 31 Mei by die AGS Aquila Kerk ten bate van Die Bradley Fonds opgetree.
Alana Dikshoorn het die inisiatief gereël sodat nog geld ingesamel kan word om vir nodige beenmurg toetse te kan betaal.
“Die kerk was vol en dit was `n suskesvolle aand,” het Alana vertel.
“Mens kry sommer nuwe hoop vir die lewe. Bobby het voor die optrede saam met Bradley gekuier en vir hom gebid.”
Volgens Alana het Bradley die volgende oggend wakker geword en gevra wanneer kom Bobby weer, want hy wil weer saam met hom kuier. Sy sê Bradley sien vir Bobby as sy held. Bobby het van sy kant af op sy Facebookblad geskryf dat Bradley weer sy ‘hero’ is.
Die Sting Bike Club het ook geld ingesamel en dit tydens die optrede aan die administrateurs oorhandig.
Die moontlike beenmurg skenker wat tot op vlak ses goedgekeur is, is op 26 Mei opgespoor. Daar gaan nou nog verdere toetse gedoen word om te bepaal of die skenker heeltemal gepas is.
Vir meer inligting of donasies aan die fonds skakel Riana by 073 599 9738.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button