
MOENIE hierdie week se HERAUT misloop nie – daarin berig ons volledig oor die vervalle toestand van die Burt Jooste Munisipale Woonstelle in Nigel.
Die kompleks beskik oor 26 eenhede wat aan die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) behoort. Die wooneenhede verskaf bekostigbare behuising aan persone wat vir ouderdomspensioen van die regering kwalifiseer, en is veronderstel om deur die stadsraad onderhou te word. Uit vrees vir intimitasie en uitsetting, wil inwoners nie kommentaar lewer nie, maar tydens ons beosoek was dit duidelik dat inwoners verontrief voel.
Die lys instandhoudingsgebreke is lank. Hiermee ‘n kortlikse opsomming van instandhoudingsprobleme
* slaggate in deurgangspad
* ligte wat 24/7 brand,
* ‘n ontkoppelde watermeter wat lek;
* stoorkamer en buite toilet is oorstroom (sien foto);
* versteuring deur boomwortels wat tot verstopping van ondergrondse rioolpype lei,
* gevaarlike, oorhangende boomtakke (widow makers),
* steenmure wat omva;
* kragbokse met ontblote elektriese drade waar tekens van brug-krag duidelik te siene is (sien foto).
HERAUT het die EMM media woordvoerder Themba Gadebe, sowel as vier ander amptenare vir kommentaar oor die vervalle toestand van die kompleks genader en wag nog vir ‘n antwoord.
Maak dus seker dat jy die volgende uitgawe lees!




