MunicipalNews

Munisipale kwessies geniet aandag

NIGEL - Sedert beriggewing in HERAUT verlede week, het sekere munisipale kwessies aandag geniet.

EMM CONTRACTORS (Custom)

Mnr Lahri van MacKenzieville het HERAUT verwittig dat die kontrakteurs wat deur Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) aangestel is om elektriese kabels te lê, intussen die sloot behoorlik toegemaak en die beskadigde plaveistene vervang.

Dit volg nadat Mnr Lahri ‘n klagte aan HERAUT gestuur het oor die toestand waarin die kontrakteurs die sloot gelaat het toe hulle kabels gelê het.

 

Die oorstoot van rioolwater in Milnerlaan langs The Angelo Mall wat weke gelede deur ‘n plaaslike inwoner rapporteer is, het ook verlede week aandag geniet en dié probleem is intussen opgeklaar.

IMG_6819 (Custom) copy

Verhuringsagent vir The Angelo Mall, Mnr Johan de Beer sê die bestuur en eienaar van die winkelsentrum het groot kostes aangegaan ten einde die riool oorstoot te herstel. ‘n Nuwe pyp is na die stormwater afvoerstelsel aangelê.

“Onmiddellik na ontvangs van ‘n klagte deur Nigel Stadsraad, moes die eienaar en bestuur van die winkelsentrum onverwyld groot koste aangaan ten einde die probleem op te los. Dit dien net weer as verdere bewys dat die munisipaliteit sy eie probleme op besighede of die publiek afskuif,” het Johan gesê.

 

IMG_6728 copy_REV
Twee weke gelede is dit hoe die riool oorstoot in Milnerlaan langs The Angelo Mall gelyk het.

Intussen is daar ook met opruimingswerk deur die Departement Korrektiewe Dienste: Gemkor begin om munisipale gedeeltes langs die kanaal rommelvry te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button