Local newsNews

Ondersteun Nigel SAVF se handsakprojek

NIGEL - Het jy ‘n ou handsak of twee wat jy nie meer gebruik nie?

 

Met die oog op nasionale Vrouedag op 9 Augustus, het Nigel se tak van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) ‘n handsakprojek van stapel gestuur, waarin hulle beplan om oor die volgende paar maande ongeveer 40 handsakke bymekaar te maak.

WAT BEHELS DIE PROJEK?

Die doel van die projek is om die handsakke met verskeie persoonlike items soos handeroom, sjampoe, opknapper, reukweerder, sanitêre doekies, tandepaste en lekkernye te vul en dit op Vrouedag aan behoeftige vroue in die plaaslike gemeenskap te oorhandig.

As bykomende verrassing, sal elke handsak ook ‘n spesiale boodskap bevat, wat self deur die skenker in die handsak geplaas kan word.

HOE KAN JY HELP?

Ten einde hul doelwit te bereik, het die organisasie ondersteuning van die publiek nodig en het gevra dat die gemeenskap hul harte sal oopmaak. Skenkings van handsakke wat nie meer gebruik word nie, toiletware of kontant donasies word verwelkom.

Vir meer besonderhede, skakel Ina by 072 240 0078.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button