Local newsNewsBreaking News

First day failure for online registration process

NIGEL/HEIDELBERG - Gauteng's Education Department said it was experiencing “technical difficulties” with its online registration process on April 19.

This just hours after school applications for 2017 opened.

Applications for grade one and grade eight have been pouring in since 8am from parents looking to secure a place for their children.

But some parents have complained they are battling to access the website.

WHERE CAN YOU GET HELP?

If you are experiencing any difficulties or need assistance with the online registration process, visit the technical centre at Thandi E Sibeko Secondary School in Lekope Street, Duduza, where a technical team is ready to assist parents with the process of capturing information and loading it on the database.

You can also visit their website for more information.

 

Die Gauteng Departement van Onderwys het vroeër vanjaar aangekondig dat alle Graad 1 en Graad 8 leerders vir 2017 aanlyn moet registreer en aansoek moet doen om plasing by die betrokke skool.Die aanlynregistrasiestelsel is slegs van toepassing op nuwe Graad 1 en Graad 8 inskrywings en leerders wat verhuis en by ‘n nuwe skool ingeskryf word.

Tientalle ouers het op 19 April hul frustrasies op sosiale media gedeel en gekla dat hulle nie kon registreer nie, of dat hulle aanhoudend ’n foutboodskap ondervind. Van die ouers sê hulle is in kennis gestel dat hulle “reeds” aansoek gedoen het.

Sommige skole het nie op die stelsel verskyn nie en sodra ouers byvoorbeeld inligting op die stelsel wou wysig, het ‘n foutboodskap verskyn. Die stelsel was ook vir groot gedeeltes gedurende die dag van lyn af.

Tydens ‘n perskonferensie het Lesufi gesê daar sal tegniese probleme wees, maar hy het ouers gevra om geduldig te wees. Kort daarna het ‘n tegniese span die probleme opgeklaar.

Plaaslike skole soos Laerskool Hannes Visagie en Hoërskool John Vorster beaam dat die eerste dag van aanlynregistrasie talle probleme opgelewer het, maar teen 20 April het dit begin uitfasseer en het die registrasieproses beter verloop.

 

HET U HULP NODIG?

Aanlyn registrasies sluit op 1 Junie, maar ouers wat probleme met die stelsel ervaar kan die departement by 011 355 0966 of die tolvry nommer 0800 000 789 skakel. ‘n Epos-navraag kan ook na gdeinfo@gauteng.gov.za gestuur word.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button