Local newsNews

Heidelberg se sterkvrou wen Arnold Classic Africa

Vallerie Sweeney het die sterkvrou ope afdeling gewen.

Vallerie Sweeney was die wenner van die sterkvrou ope afdeling van die Arnold Classic Africa wat die naweek in Sandton aangebied is.

Sy het vyf van die sewe items gewen en Arnold Schwarzenegger (na wie die kompetisie vernoem is) was self daar om deelnemers te ontmoet.

10 000 Atlete het oor drie dae aan 46 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Vallerie se man, André het vierde in sy afdeling geëindig.

Die paartjie berei hulle nou voor vir die Suid-Afrikaanse kragoptel kompetisie wat op 18 Junie in Durban aangebied word.

Heidelberg se krag man- en vrou het oor die jare al vele kompetisies ingepalm, maar hulle sukkel nog om borge te kry sodat hulle selfs nog hoër hoogtes kan bereik. Dit is veral kompetisies wat in ander dele van die wêreld aangebied word, wat ‘n groot finansiële las op die paartjie plaas. Besighede of individue wat die Sweeneys kan help, kan Vallerie by 076 852 1516 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button