Local newsNews

Nigel VLU leer fyner tegniek van brood bak

NIGEL - Maatje Vollmer het tydens Nigel VLU se 714de vergadering op 9 Junie, ‘n demonstrasie oor die gebruik van gis en voorbereiding van brooddeeg gelewer, terwyl Chanté Bester, Graad 10-leerder van Hoërskool John Vorster, lede met haar goue sangstem bekoor het.

 

Maatje is ‘n verteenwoordiger van die bekende Suid-Afrikaanse gismaatskappy, Anchor Yeast en het gewys hoe ‘n basiese brooddeeg ‘n variasie van watertand brode kan optower. “’n Basiese brooddeeg kan vooraf gemaak en vir tot twee weke lank in die yskas gestoor word,” het Maatje gesê terwyl sy die giseienskappe in deeg uitgelig het.

IMG_0356 (Custom) IMG_0348 (Custom) IMG_0351 (Custom)
Sy het demonstreer hoe om ‘n basiese beslag aanmekaar te slaan en later die fyner tegniek by meer ingewikkelde brode soos Franse brood, vlegbrood en rogbrood verduidelik.

“Wanneer jy ’n gevlegte brood wil maak, kan growwer bestanddele soos neute bygevoeg word, maar dit kan die sny- en vlegwerk bemoeilik,” het sy gesê.

Die vergadering het verdaag en is met ‘n sop-en-brood geselligheid afgesluit. Nuwe lede word verwelkom en belangstellendes kan Anna-Marie Axer by 082 886 2002 skakel.

Die volgende vergadering vind om 10:00 op 11 Augustus by La Fayette in Irisstraat plaas.

Ronel Lombaard by 'n verskeidenheid speelgoed wat sy en haar suster Amelia Roets maak.
Ronel Lombaard by ‘n verskeidenheid speelgoed wat sy en haar suster Amelia Roets maak.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button