
Heidelberg DBV se hokke is weer stampvol met diere wat op aanneming wag. Daar is veral baie babahonde wat na ‘n goeie tuiste soek.
Inwoners word ook uitgenooi na die algemene jaarvergadering op 23 Julie om 14:00. ‘n Nuwe voorsitter en bestuur sal dan verkies word en projekte vir die nuwe finansiële jaar bespreek word.
Gaan kyk gerus op die DBV se FaceBook blad na foto’s van al die diere wat vir aanneming beskikbaar is by https://www.facebook.com/SPCA.HeidelbergGP/?fref=ts
Heidelberg DBV is in Retiefstraat 1 (langs Multivac) of skakel Ans of Pauline by 016 342 4114.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






