Local newsNews

Geliefde Rensburg inwoner oorlede

Babs Kriek het diep spore in Heidelberg getrap.

Babs Kriek is op 2 Julie in die ouderdom van 85 jaar oorlede.

Babs was die vrou van oorlede Gert Kriek, burgemeester van Rensburg Stadsraad en saam het die egpaar diep spore in Heidelberg getrap.

Hulle was ‘n geliefde burgemeesterspaar wat nie geskroom het om uit eie sak kos aan mense in nood te voorsien nie. Babs was lief vir tuinmaak en sy en Gert het saam die tuine van die Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes in 1989 uitgelê.

B921

 

Babs laat haar twee kinders Johan en Chrissie, vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Sy word Saterdag 9 Julie om 14:00 vanuit die NG Kerk Rensburg begrawe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button