Local newsNews

Bejaarde se ‘parkering’ laat koppe draai

Ongeluk in ouetehuis se parkering lok wye belangstelling.

‘n Bejaarde dame van Suikerbosoord Dienssentrum vir Bejaardes het vanoggend net na 08:00 ‘n ongeluk met haar voertuig in die tehuis se parkeerarea gehad.

Sy het volgens ooggetuies agteruit uit ‘n parkeerplek gery en klaarblyklik die brandstofpedaal te diep getrap (of per ongeluk die petrol- in plaas van die rempedaal getrap) toe die ongeluk gebeur het. Die motor het met die agterkant teen ‘n boomstomp opgery en teen die tehuis se heining tot stilstand gekom.

In die proses is ‘n lamppaal ook getref.

Die bejaarde het ongedeerd van die voorval afgekom, maar die insleepdiens reken die voertuig is afgeskryf.

 

2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button