Local newsNews

Groot seder in Heidelberg gemeenskap val

HEIDELBERG - Pieter Dyksterhuis, geliefde inwoner en bekende besigheidsman in die plaaslike water- en besproeiingsbedryf het op 65-jarige ouderdom in Life Suikerbosrand Hospitaal gesterf.

Dié legendariese man wat as ‘Piet water’ onder die plaaslike gemeenskap bekendgestaan het, het ‘n jarelange kankerstryd op 4 Augustus verloor.

Pieter is op 19 Mei 1951 in Vereeniging gebore en het hom in die vroeë 1980s in Heidelberg gevestig waar hy die afgelope 35 jaar gewoon het. In sy lewe het hy talle oorsese bestemmings besoek en was ‘n passievolle diepsee hengelaar. Hy was destyds ook lid van Heidelberg Gholfklub se stigtingskomitee.

Pieter het diep spore in ander mense se lewens getrap en word veral vir sy skerp humorsin en reguit manier van praat onthou.

“Hy was ‘n unieke mens en almal wat hom geken het, sal saamstem. ‘n Gedeelte van Heidelberg het saam met hom gesterf,” het sy seun Ruaan gesê.

“The fear of death follows from the fear of life. A man who lives fully is prepared to die at any time,” is een van Pieter se gunsteling aanhalings wat deur sy seun onthou word.

Hy word deur sy vrou Ria, sy twee seuns Ruaan en Pieter oorleef. ‘n Gedenkdiens vind op 12 Augustus om 15:00 by die Ou Tronk in Heidelberg plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button