Local newsNewsUpdate

Huis brand in Frazerlaan: inwoners benodig hulp

Potgieter-gesin het alles in brand verloor.

Johann, Amanda en Christiaan (8) Potgieter wie se huis in Frazerlaan Maandag in ‘n brand byna verwoes is, het die gemeenskap se hulp nodig. Klein Christiaan het in die sitkamer TV gekyk toe hy vlamme en rook uit die spaarkamer (reg langs die sitkamer) sien uitborrel. Hy het die kombuisdeur toegetrek (soos sy ma hom geleer het) voor hy na sy pa (wat buite in die motorhuis gewerk het) gehardloop het.

Die gesin is dankbaar vir die bure, verbygangers, familie, sakelui en GPF-lede wat hulle dadelik te hulp gesnel het. Die brand, wat as gevolg van ‘n elektriese fout in die dak ontstaan het, het vinnig deur die res van die huis se plafon versprei en skade aan die hele huis veroorsaak. Alles wat die gesin besit –  klere, meubels, kos, beddegoed en gordyne het brand- en/of rookskade opgedoen. Hulle het nie versekering nie.

Die gemeenskap en NG Moedergemeente (Klipkerk) het dadelik ingespring om die gesin te help.

Die gesin bly tans by Andries Smit (Amanda se neef) in Rensburg tot hul huis herstel is en dra geleende klere.

Die Klipkerk het ook ‘n fonds vir die gesin gestig en het reeds kundiges ingekry om die elektriese bedrading en dak van die huis te herstel. Enige bydrae of skenkings (huishoudelike benodigdhede, meubels, kos en klere) kan by Riana by die Klipkerk afgelewer word sodat dit behoorlik gekoördineer kan word of skakel die kerkkantoor by 016 341 2483 (weeksdae van 08:00 tot 14:00).

 

IMG-20160912-WA0002

 

 

nuwe2

Related Articles

Back to top button