Local newsNews

Noue ontkoming vir besigheidsman toe saagsels vlamvat

NIGEL - ‘n Besigheidsman van Heidelberg het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n vrag houtsaagsels wat hy op ‘n sleepwa vervoer het, aan die brand geslaan het.

Volgens die bestuurder van ‘n Toyota bakkie het hy die saagsels vroeër die dag in Secunda gekoop en was na sy hoenderonderneming in Heidelberg onderweg.

“Ek het in die truspieël gekyk en rook opgemerk. Ek het dadelik van die pad afgetrek om ondersoek in te stel, maar het skaars stilgehou toe die saagsels aan die brand slaan,” het hy aan HERAUT gesê.

IMG_1573 (Custom)
Dit is nie duidelik hoe die saagsels aan die brand geslaan het nie, maar die moontlikheid dat dit deur ‘n sigaretstompie veroorsaak is, word nie uitgesluit nie.

 

IMG_1580 (Custom)
Brandbestryders van Nigel Nooddienste het seker gemaak die smeulende saagsels hou geen gevaar vir ander motoriste op die Nigel/Heidelberg-pad in nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button