Local newsNews

Noue ontkoming vir besigheidsman toe saagsels vlamvat

NIGEL - ‘n Besigheidsman van Heidelberg het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n vrag houtsaagsels wat hy op ‘n sleepwa vervoer het, aan die brand geslaan het.

Volgens die bestuurder van ‘n Toyota bakkie het hy die saagsels vroeër die dag in Secunda gekoop en was na sy hoenderonderneming in Heidelberg onderweg.

“Ek het in die truspieël gekyk en rook opgemerk. Ek het dadelik van die pad afgetrek om ondersoek in te stel, maar het skaars stilgehou toe die saagsels aan die brand slaan,” het hy aan HERAUT gesê.

IMG_1573 (Custom)
Dit is nie duidelik hoe die saagsels aan die brand geslaan het nie, maar die moontlikheid dat dit deur ‘n sigaretstompie veroorsaak is, word nie uitgesluit nie.

 

IMG_1580 (Custom)
Brandbestryders van Nigel Nooddienste het seker gemaak die smeulende saagsels hou geen gevaar vir ander motoriste op die Nigel/Heidelberg-pad in nie.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button