Local newsNewsBreaking News
Klipkerk se klokke beier ná meer as 40 jaar
Die Klipkerk se klokke is herstel en die klank weergalm oor Heidelberg.

Heidelberg NG Moedergemeente of beter bekend as die Klipkerk se klokke is in hul volle glorie, danksy ‘n Duitse skenker, herstel.
Inwoners kon van Sondag af luister na die prag-spel van die klokke wat Westminister Abbey se klokkespel elke uur op die uur uitbeier. Die klokke gee ook ‘n kort lui elke kwartier.
Fondse is vroeër vanjaar deur ‘n Duitse toeris geskenk en plaaslike ingeneurs het aan die werk gespring en die klokke herstel. Die horlosie moet nog herstel word, maar die ingenieurs wag vir spesiale parte wat van Duitsland ingevoer word.
Luister hier na die pragtige klanke:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




