Local newsNews

Voortrekkers skenk karstoeltjies aan minderbevoorregtes

Wheel Well en Dotsure besoek Heidelberg.

Peggy Mars van Wheel Well en Colleen Wentzel van Dotsure het Suikerbos Voortrekkerkommando in Heidelberg besoek en die kinders oor die veiligheid van passasiers in voertuie ingelig.

Wheel Well is ‘n veiligheidsinisiatief waar opvoeding in padveiligheid by skole en deur middel van ‘padblokkades’ aan leerders en motoriste gegee word. Tweedehandse stoeltjies word ingesamel waarna dit deeglik skoongemaak en veiligheidsaspekte opgeknap word. Die stoeltjies word dan aan minderbevoorrete mense geskenk.

Die Voortrekkers het tweedehandse karstoeltjies ingesamel en kon daarin slaag om 17 stoeltjies aan Peggy en Colleen te oorhandig.

Peggy het aan die kinders ‘n video vertoon waarin amptenare van die inisiatief tydens ‘n ‘padblokkade’ met kinders en ouers onderhoude voer oor die onveilige manier waarin die kinders vervoer word. Kyk hier na dié vidoe:

 

Hier is al die foto’s van die skenkingsdag:

 

Related Articles

Back to top button