Local newsNews

Kosmos Koffiewinkel open dié Saterdag

Koffiewinkel en tuisbedryf elke Saterdag by NG Kerk Rensburg.

Die Kosmos Koffiewinkel wat ten doel het om gemeenskapslede in nood te bemagtig deur middel van werkskeppingsgeleenthede en projekte sal Saterdag 8 Oktober by die NG Kerk Rensburg geopen word.

“Ons sien daagliks mense wat finansieël swaarkry as gevolg van min werksgeleenthede en het daarom besluit om na die kerk en wyer gemeenskap uit te reik deur ondersteuningsprojekte soos hierdie,” het Margie Grobler (stigter van Kosmos barmhartigheidsgroep) gesê.

Kosmos is ‘n barmhartigheidsgroep wat weekliks kospakkies voorsien. Benewens die koffiewinkel beplan Kosmos ook ‘n tuisnywerheid, naaldwerkprojekte en kreatiewe kunsprojekte om mense in nood te bemoedig en bemagtig. Die groep bied ook weekliks ‘n vroeë kinderontwikkelingprogram aan vir moeders/versorgers/oumas in nood.

Kosmos werk nou saam met Tutela Gesinsorg Suikerbos wat maatskaplike- en sosiale dienste vanuit die kantore van die Rensburg NG Kerk behartig.

Inwoners word gevra om die opening van die koffiewinkel op 8 Oktober om 09:00 te ondersteun. Die koffiewinkel sal elke Saterdagoggend oop wees en waarby ‘n verskeidenheid artikels uitgestal en te koop aangebied sal word.

NG Kerk Rensburg is in Romynstraat 50 of skakel die kantoor by 016 341 2722 of 016 341 2899 (Tutela) of Margie by 074 586 4927.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button