Kinderhuis se vrieskas en wasmasjien buite werking
Benodig weldoener om toerusting te herstel.

11 Kinders van die Galaxy Children’s Village in Heidelberg benodig ‘n weldoener om hul vrieskas en wasmasjien te herstel. Theresia van Eyssen (huismoeder) sê hulle het dringend iemand nodig wat die toerusting vir hulle kan herstel.
‘n Weldoener het kombuiskaste aan die huis geskenk wat dringend geïnstalleer moet word. Die kaste staan tans die sitkamer en eetkamer vol. Die ou kaste moet uitgehaal word en die nuwe kaste ingesit word.
Theresia sien ook om na twee babas en benodig doeke vir ‘n vier- en 10 maande oue baba.
Die kinderhuis is op die hoek van Unie- en HF Verwoerdstraat in ‘n Departement van Openbare Werke-huis geleë. Theresia is verantwoordelik vir instandhouding en uitgawes soos munisipale rekeninge en dan natuurlik die daaglikse behoeftes van die kinders.
‘n Borg is tans besig om die dak van die huis te herstel en oor te verf.
Indien jy kan help, skakel Theresia by 079 977 4549.



