Local newsNews

Staan reg vir Suikerbosrand Geloftefees

Kom kamp saam en vier Geloftefees.

Suikerbosrand Geloftefees begin vanjaar met ‘n vyfdag kamp van 12 tot 16 Desember by die kampterrein van Suikerbosrand Natuurreservaat.

Kom kuier saam om die kampvuur op 14 Desember met ‘n vleisie op die kole terwyl boeremusiek gespeel word.

geloftefees

‘n Kerkdiens deur Ds Zet Robberts sal om 10:00 op 16 Desember gehou word. Die diens sal met die ou kanon se knal ingelui word waarna ‘n kort toespraak gelewer sal word voor die diens begin.

Oudergewoonte sal gemmerbier en iets te ete ná die diens aangebied word.

Suikerbosrand Natuurreservaat is 8km wes van Heidelberg op die Meyerton-pad met GPS koördinate -26.546450, 28.279403

Vir meer besonderhede kan J Jordaan by 083 941 0286 of Lemont Kriel by 084 511 4759 geskakel word.

 

geloftefees2

 

 

Related Articles

Back to top button