Local newsNewsBreaking News

Grootvlei inwoners vir ses dae sonder krag of water

Dipaleseng munisipaliteit beloof dat dit vanaand herstel sal wees.

Grootvlei inwoners wat die sesde dag sonder water en elektrisiteit tegemoetgaan, sal hopelik teen vanaand weer krag en water hê.

Dié belofte is deur die Dipaleseng Plaaslike Munisipaliteit gemaak nadat inwoners sedert 30 November sonder krag moes klaarkom.

‘n Verouderde transformator het geblaas en ‘n tweede een het oor die naweek gegroet. HERAUT het Dipaleseng se woordvoerder om kommentaar genader, waarna alles moontlik gedoen is om die elektrisiteit te herstel.

 

Dit is nie net inwoners wat swaar trek nie, maar besighede moes hul deure noodgedwone sluit en gastehuise moes kliënte wegwys.

 

Die burgemeester en munisipale bestuurder het vanoggend ‘n noodvergadering belê om die situasie sou gou moontlik te beredder.

Phindile Sidu (woordvoerder) het so pas laat weet dat nuwe transformators geïnstalleer gaan word en dat die elektrisiteit en water teen vanaand herstel behoort te wees.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button