Local newsNews

Tref-en-trap slagoffer se herstel wonderbaarlik

Jeff Ek kry 'naweekpas' uit hospitaal.

Jeff Ek se lang pad na herstel het begin, hy is uit intensief en het verlede week met rehabilitasie begin.

 

Hoewel sy een been en rug nog geweldig pyn, kon die 24-jarige vandag vir die naweek huis toe kom.

 

Jeff is op 12 November in ‘n tref-en-trap ongeluk ernstig beseer terwyl hy en ‘n vriend laataand in HF Verwoerdstraat gestap het. Die goudkleurige Toyota Fortuner met drie insittendes wat oor Jeff gery het, het weggejaag. Polisie soek steeds na die voertuig wat volgens ooggetuies resiesfietse agterop gehad het.

 

Die gesin benodig ook fondse vir uitgawes wat nie deur die mediese fonds gedek word nie. Mense wat ‘n bydrae wil maak of inligting oor die verdagte voertuig wil deel, kan Jeff se pa Craig by 082 551 6608 skakel.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button