Local newsNews
Trok met mediese voorrade, blomme rol op N3
Drywer geskok, maar nie ernstig beseer nie.

‘n Trok met ‘n vrag mediese voorrade en blomme het omstreeks 9:00 vanaand op die N3 Noord naby die Spookbrug gerol.
Die bestuurder van die trok het wonderbaarlik geen ernstige beserings opgedoen nie en is deur die personneel van EMER-G-MED behandel.
Verskeie entstowwe, wat ondermeer vir Parklands Hospitaal bestem was, is tussen die blomme op die tonneel gevind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





