Local newsNews
Anet Coetzee wen Cape Gate Vaal Marathon
Heidelberg atletiekafrigter het die jaar op 'n hoë noot afgeskop en die wedloop met gemak gewen.

Anet Coetzee (28) het haar eerste 10km marathon van die jaar Saterdag gewen toe sy die Gape Gate Vaal 10km marathon in 39.31 minute afgelê het.
Sy is die atletiekdirekteur van Hoër Volkskool asook afrigter van Arno’s Racers Atletiekklub.

Anet neem Saterdag aan die Edenvale 10km marathon deel ter voorbereiding vir die Old Mutual Two Oceans halfmarathon.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



