Local newsNews

Sterkvrou van Heidelberg stel nuwe rekord op

Vallerie Sweeney het 'n nuwe rekord in die 'deadlift' opgestel.

Vallerie Sweeney (verdedigende dameskampioen van die Arnold Classic Africa) het daarin geslaag om 195kg (teenoor die vorige rekord van 190kg) in die Loglift & Deadlift for Cancer-kompetisie in Roodepoort op te tel.

 

Vallerie (wat in die ope damesafdeling deelgeneem het) het algehele eersteplek in dié kompetisie behaal. Kyk hier na meer inligting oor dié kompetisies.

Vallerie het ook ‘n eersteplek in die Arnold Classic Africa Qualifier die afgelope naweek in Boksburg ingepalm. Sowat 40 atlete het aan verskeie items soos vragmotortrek, voertuig-dooiegewigoptel en boerestap deelgeneem.

Lees die volledige berig in more (8 Maart) se uitgawe van HERAUT.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button