Local newsNews
Kyk wie kuier in Heidelberg!
Bekende Afrikaanse akteur knoop geselsies aan by Victorian Sentrum.
Heidelbergers het eers verbaas opgekyk en toe gille van plesier geskree toe niemand anders nie as Afrikaanse akteur en musiekman Lieb Bester vanoggend in die gange van die Victorian Sentrum gestap het.
Lieb is nader geroep en moes eers vir foto’s poseer en geselsies aanknoop wat hy met ‘n vriendelike glimlag gedoen het.
Hy het aan HERAUT gesê dat hy by sy broer Nico kuier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



