
Dewald du Preez is ons eerste Wys jou Slaggat wenner!
Hy het sy seun ingespan en met ‘n klein bietjie moeite en baie geluk het hulle bevestig dat Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LLM) nie vir die swak toestande van Heidelberg se paaie verantwoordelik is nie.
Amper soos in die rolprent Toy Story het een van sy seun se speelgoedtrokkies uit hul huis verdwyn en Dewald het dit later, met die hulp van Heidelberg GPF, by die laagwaterbrug opgespoor.
Die trok was besig om klippe te verwyder toe hulle dit omstreeks 11.00nm voorgekeer het. Goeie werk manne!

Du Preez het in ‘n amptelike verklaring die volgende aan HERAUT bevestig:
“LLM is reg, dis nie hulle skuld nie. Ook nie swak herstelwerk nie… dis eintlik my laaitie se speelgoed wat die aand terwyl hy slaap die pad op myn.”
Geluk Dewald, jy het vir hierdie kiekie ‘n geskenkbewys om ‘n bondel wasgoed by Laundry Girls in te handig, gewen.
*HERAUT het pas verneem dat LLM op grootskaal besig is om die slaggate in die dorp te herstel. Ons monitor die situasie.
Vir meer inligting oor die ‘Wys ons jou (slag) gat’ kompetisie, volg die skakel.
Of as jy dalk jou wasgoed deur ‘n groep bekwame dames wil laat was en stryk, skakel Laundry Girls by 071 147 6539.