Local newsNews

UPDATE: Banie Coetzee is pas uit teater

Dokters gee familie goeie nuus - benodig egter fondse vir hospitaalrekening.

Banie Coetzee (42), die slagoffer van ‘n gasbottel wat ontvlam het en ‘n reuse ontploffing Sondagaand in Rensburg veroorsaak het (Lees oorspronklike berig hier:) is vanoggend na in teater in die Netcare Unie Hospitaal in Alberton opgeneem.

Banie het eerste- en tweedegraadse brandwonde opgedoen asook inwendige lugwegbeserings. Een van sy longe het Maandagoggend platgeval.

Dokters is tevrede met sy prognose ná die operasie vanoggend waarin ‘n tragea in sy keel ingesit en sy wonde weer skoongemaak is.

Fondse benodig om Banie te help

Die gesin het nie ‘n mediese fonds nie en hul hospitaalplan dek nie die volle onkoste nie. Die hospitaalverblyf vir die volgende 26 dae sal ongeveer R600 000 beloop. Fondse kan in die hospitaal se rekening betaal word by Nedbank, Netcare Hospitals/Netcare Union Hospital, 1902198263, tak Alberton, takkode 190242, verwysingsnommer 1008544163 of skakel Thea (niggie) by 083 318 7697.

*If any payments are made towards Banie’s recovery please can you be sure to send the POP (proof of payment) to [email protected] or 0862329856.

Donasies kan ook gemaak word deur op hierdie skakel in te gaan.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button