Local newsNews

Gaan sonder grimering of verf iets uniek: alles ten bate van liefdadigheid

Crazy Makeup for Charity: Help SAVF Nigel om gesinne in nood te ondersteun.

Kan jy vir een dag sonder grimering klaarkom, of is jy bereid om met oordadige (of snaakse) grimering vir ‘n dag op jou gesig rond te loop?

Wys jou goedhartige kant deur SAVF Nigel se ‘Crazy makeup for charity’ dag op 15 Junie te ondersteun.

Deur geen of snaakse grimering te dra, kan jy bydra om gesinne in nood te ondersteun.

Sou jy in die pret wil deel en terselfdertyd tot liefdadigheid bydra, kan jy ‘n plakker teen R10 koop en jou ‘ware’ gesig opsit.

SAVF Nigel gee maandeliks kospakkies aan 40 behoeftige gesinne en fondse sal hiervoor aangewend word. Enige donasies soos klere, kombuisware, komberse en nie-bederfbare kos word ook verwelkom. Donasies kan by die NG Moedergemeente Nigel in Kerkstraat afgegee word, waar die SAVF ‘n tweedehandse klerewinkel bedryf.

Vir meer besonderhede of om plakkers vir die grimeerdag te koop, kan Ina Els by 072 240 0078 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button