Banie is wakker!
Heidelberg gasontploffing slagoffer het baie pyn, maar dit gaan goed.
Banie Coetzee (42) is wakker, hy glimlag vir sy familie en knik sy kop wanneer hulle met hom praat. Sy familie en vriende het hom nou die Man van Staal gedoop.
Banie is ernstig beseer toe gas wat gelek het, ontvlam en ‘n ontploffing op 21 Mei by sy huis in Rensburg veroorsaak het. Sien die oorspronklike berig hier
Hy is in die Netcare Unie Hospitaal in Alberton opgeneem waar hy steeds in die intensiewesorg eenheid behandel word.
Banie het die afgelope naweek veloorplantings op sy arm, beide hande en maag ontvang. Sedert die ongeluk was hy bykans daagliks in teater waar sy wonde skoongemaak is. Hy het ook ‘n tragea in sy keel gekry.
Sy vrou Natasha sê die dokters is tevrede met Banie se vordering en hoop om binnekort die tragea uit te haal. Hy is ook van die ventilator afgehaal en ontvang nou net suurstof.
Natasha sê haar man het baie pyn, maar sy vriende, familie en kennisse se boodskappe en gebede hou hom positief.
Help met fondse:
Die gesin se hospitaalplan is uitgeput en die rekening staan reeds op R800 000. Enigiemand wat die gesin met fondse kan bystaan, kan dit direk in die hospitaal se rekening deponeer by Nedbank, Netcare Hospitals/Netcare Union Hospital, 1902198263, tak Alberton, takkode 190242, verwysingsnommer 1008544163 of skakel Thea (niggie) by 083 318 7697. Indien u ‘n betaling maak, stuur ‘n bewys van betaling na funds4banie@gmail.com of 086 232 9856 sodat sy familie dit met die hospitaal kan opvolg.