Cristopher en Jandré laat swemrekords spat
Victor Aquantum in Heidelberg se lede bring vele medaljes huis toe.
Cristopher Strydom van Victor Aquantum Swemskool het sewe goue medaljes, een silwer en ‘n brons medalje tydens die Sasol Nasionale Winterkampioenskappe in Sasolburg verower. Hy het ook die rekord in die 200m rugslag vir seuns o/10 met 15 sekondes verbeter.
Jandré Moll het vyf goue medaljes, een silwer en twee brons medaljes ingepalm. Hy het twee nuwe rekords in die 200m asook die 50m vryslag opgestel.
Ander lede wat medaljes verdien het, is Chloe Barnard (een silwer), Byron Smit (drie goud, een silwer en ses brons), Huib Sprong (twee brons), Remo Venturi (een goud), Wilhelm Verwoerd (een brons) en Thilde Victor (afrigter) het een brons medalje verower.
Die Ladder-aflosspan bestaande uit Jandré, Byron, Cristopher en Remo het hul item gewen en Byron, Wilhelm, Huib en Cristopher het derde in die 50m aflos geëindig.
Die klub het ‘n algehele tweedeplek in die kleinklubs-afdeling behaal.