Local newsNews

Meat World hou GROOT Musiekfeeste by Springs, Boksburg en Edenvale

Meat World by die Springs Mark, K90 Sentrum in Boksburg en by die Meadowdale Value Centre in Edenvale hou Saterdag, 5 Augustus heerlike musiekfeeste by al die Meat Worlds.

Meat World gee ook 14 Suzuki Shifts weg by alle takke van Meat World op 5 Augustus 2017.  Om vir hierdie lekker kompetisie in aanmerking te kom, moet jy vir meer as R100 by enige tak van Meat World koop en dan jou inskrywingsvorm met kasregisterstrokie in die kompetisie box gooi.  Meer inligting by www.meatworld.co.za

Daar word ook baie lekker vlooimarkte by die Meat Worlds by die Springs Mark, K90 Sentrum en Meadowdale Value Centre gehou.  As jy belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, skakel vir Lefra by (011) 815 3000 of 083 254 7293.

Wonderlike kunstenaars gaan heeltemal gratis by die verskeie Meat World-takke optree.  By die Springs Meat World (Springs Mark) is die skreeusnaakse aktrise, Lizz Meiring die seremoniemeester.  Platinum-ster, Refentse gaan optree en daar kan ook uitgesien word na optredes van die meisie-band, SAARKIE, Lance James en DJ Ossewa.  RSG doen ook ‘n regstreekse uitsending van BREKFIS MET DERRICH en besoekers gaan ook die geleentheid hê om Derrich Gardner te ontmoet.

Boksburgers het die geleentheid om by die K90 die volgende kunstenaars te geniet.  Hennie Smit is seremoniemeester.  Sangers Francois van Rensburg, DJ Ossewa, SAARKIE en Dozi gaan die verhoog op horings neem.

By die Meat World Edenvale kan Edenvalers die Meadowdale Value Centre besoek.  Derrich Gardner sal seremoniemeester wees en gaste kan uitsien na optredes van Dirk van der Westhuizen, Francois van Rensburg en Lance James.

Die Besturende Direkteur van die Meat World Groep van Maatskappye, Angelino Pereira, sê dat die Meat World Musiekfeeste al vir die afgelope 25 jaar aangebied word.

“Hierdie is vir ons ‘n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning.  Ons gee ook 14 motors weg op 5 Augustus 2017 en dit is vir Meat World baie lekker om 14 van ons kliënte op hierdie manier te bederf.”

Pereira sê ook dat hy baie trots is op watter maniere Meat World die gemeenskappe bedien.  “Dit is vir ons so belangrik dat elke Meat World sal teruggee aan die gemeenskap wat ons bedien.  Juis daarom nooi ons almal om hierdie wonderlike musiekfeeste saam met ons te geniet.  Heeltemal gratis en verniet!”

Meat World bied ook baie spesiale aanbiedinge op vleis aan op 5 Augustus.  Maak ‘n draai by enige tak van Meat World en maak jou vrieskas vol!  Soos byvoorbeeld grootmaat Rump of Sirloin Steak teen slegs R89,99 per kg

Meer inligting kan verkry word van www.meatworld.co.za of skakel (011) 815 3000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button