
‘n Plaashuis op die plaas Uitsig het in die verwoestende veldbrande vanmiddag afgebrand.
Volgens die eienaar Jan du Rand, was niemand tuis ten tye van die brand nie.
“Ek het miljoene rande se skade gely vandag,” het Du Rand gesê.
“Van van vee is steeds weg em het vermoedelik in die brand omgekom,”
Die huis was omstreeks 13:45 in vlamme gehul en aangesterk deur die wind, was dit binne minute vernietig.
*Veldbrande het vandag groot skade op talle plase in die opgewing tot gevolg gehad. Laat ons asseblief weet as u van nog sulke voorvalle weet.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



