Local newsNews

Lid van Vatvas Dansorkes in kritieke toestand in hospitaal

Martin veg om sy lewe ná onverklaarbare infeksie septiese skok veroorsaak.

 

Martin Viljoen (40) is in ‘n ernstige toestand in die Tambo Memorial Hospitaal in Boksburg ná ‘n virus hom op 19 Augustus platgetrek en sy liggaam ‘n paar dae later in septiese skok gegaan het.

 

Martin is ‘n lid van die gewilde Vatvas Dansorkes en bekend in die plaaslike musiekbedryf.

 

Volgens sy vrou Annalize is Martin op 25 Augustus inderhaas na die hospitaal gehaas en het dokters gevrees dat hy nie die nag sou oorleef nie. Hulle het intussen daarin geslaag om die infeksietelling te verlaag, maar is steeds baie bekommerd oor sy niere wat nie werk nie.

 

Hy ontvang tans dialise en Annalize vra dat inwoners vir Martin sal bid.

 

4 September – Dit gaan baie beter met Martin. Hy is steeds in die hospitaal, maar hy is wakker. Lees volledige berig in Woensdag (6 September) se uitgawe van HERAUT.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button