Local newsNews
Stem vir Heidelberger as Sarie se Voorbladgesig
Oud-Volkie is in die top 10 van dié glansryke kompetisie.

Heidelberger en ma van twee dogtertjies, Marize Baird (36) is een van die top 10 finaliste van Sarie se Voorbladgesig kompetisie.
Jy kan nou vir Marize stem deur die sleutelwoord VOORBLAD gevolg deur MARIZE (geen leestekens) jou naam, van en telefoonnommer na 35409 voor Vrydag (1 September) te SMS.
Die kompetisie word vanjaar vir die eerste maal op kykNET se DSTV kanaal 144 (Maandae om 17:30) uitgesaai. Die wenner word later in September aangekondig.
(Lees die volledige berig oor Marize in volgende week se HERAUT).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



