Local newsNews

Geliefde Heidelberger sterf in motorongeluk

Dorp treur nadat Piet Biltong groet

Geliefde Heidelberger Piet van Coller (66) is op 4 September op die R103 (ou Alberton pad) oorlede toe hy met sy Toyota Hilux Bakkie in ‘n botsing betrokke was.

Die tragedie het tussen 07:00 en 08:00 plaasgevind en die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Sy erediens sal op 11 September om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente (Klipkerk) plaasvind.

Meer inligting oor die legende wat as Piet Biltong bekend gestaan het sal in volgende week se HERAUT (13 September) gepubliseer word.

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button