
Heidelberg Karateklub se jaarlikse karate kampioenskappe is verlede naweek aangebied met meer as 200 deelnemers (waaronder groot name) wat aan die dag deelgeneem het.
Die kampioenskappe het alle verwagtinge oortref met deelnemers van sover as Limpopo wat deelgeneem het. Buiten bogenoemde klubs het deelnemers van Pretoria, Nylstroom, Benoni en Johannesburg ook ingeskryf.
Drie van die Suid-Afrikaanse span wat die land onlangs in die wêreldkampioenskappe in Ierland verteenwoordig het, het ook vir die plaaslike kampioenskappe ingeskryf. Bongi Ngwenya, Jonathan Judin en Brad Ho-Tong het in die swartgordel ope afdeling gewys waarom hulle onder die bestes in Suid-Afrika tel.
Bongi Nwenya van Grove Dojo Johannesburg is as beste mansdeelnemer aangewys. Hy was die ope swartgordel wenner in die kata en kumite afdelings. Samantha Pillay van Alberton Dojo is as beste vroue deelnemer aangewys ná sy die swartgordel ope vroue kumite gewen het.
Estiaan Cronjé van Heidelberg Dojo is as beste seuns deelnemer aangewys ná hy goud in beide afdelings gewen het. Alize Jonker van Meyerton is as beste meisiedeelnemer aangewys na sy ook goud in beide afdelings gewen het.
Die nasionale span het die span kata trofee gewen en Alberton Dojo die span kumite trofee.












