Local newsNews

Knap Heidelberg polisiespan trek vermeende inbrekers vas

Groot slag geslaan toe skelms in huis vol gesteelde items betrap is.

Twee vermeende inbrekers is op 1 Desember vasgetrek ná hulle met gesteelde items ter waarde van duisende rande in hul huis in Ratanda betrap is.

Adjudant Offisier Wollie Wolmarans (Sektor 2 bevelvoerder) en Sersant Vuzumuzi Zondo (Sektor 1 bevelvoerder) het op inligting oor verskeie huis- en besigheidsinbrake in Heidelberg reageer. Ná deeglike ondersoek is hulle na ‘n huis in Mngunistraat, Ratanda waar hulle ‘n 18- en 23-jarige verdagte vasgetrek het.

Verskeie gesteelde items soos ‘n windbuks, platskerm TV, rekenaars, speletjieskonsoles, mikrogolfoond, duur selfone asook gereedskap wat in inbrake gebruik word, is in die huis gevind.

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) kan die verdagtes (onder andere) met ‘n inbraak by Steel Traders in die industriële gebied op 2 November verbind word.

Die verdagtes sal Maandag in Heidelberg Landdroshof op aanklagte van inbraak en die besit van gesteelde goedere verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button