Gru-ongeluk eis Vissie en sy ma
Du Plessis-gesin met vakansie in Kaap toe ongeluk gebeur.

Ruan du Plessis (10) en sy ma Adelle het in ‘n gru-botsing tussen vier voertuie op die N1 naby Worcester in die Wes-Kaap gesterf.
Sy tweeling sussie Candice en pa Rudi is in die hospitaal opgeneem. Candice sal vermoedelik vandag of more ontslaan word. Rudi het meer ernstige beserings opgedoen.
Die ongeluk tussen vier voertuie het op 19 Desember omstreeks 05:10 plaasgevind en nog twee mense is ook in die ongeluk dood. Altesaam nege mense is beseer.
Personeel van Laerskool AG Visser het Ruan as ‘n liefdevolle, skaam seun wat ‘n groot liefde vir diere gekoester het, beskryf.
Mnr Johan Roothman (hoof) sê sy dood laat ‘n groot leemte in die skool en klaskamer en personeel en sy skoolmaats gaan hom baie mis. “Dis ‘n groot terugslag vir ons en ons harte gaan uit na Candice, Rudi en die res van die familie,” het Mnr Rootman gesê.




