CrimeLocal newsNews

Moord op 21-jarige Heidelberger het gemeenskap op hul knieë

Abigail Meyer noodlotting gewond tydens kaping voor ouerhuis

HEIDELBERG – Die onsinnige moord van Abigail (21) – dogter van een van Heidelberg se bekendste paramedici – Elzona Meyer – het Heidelberg geruk sedert Vrydagaand toe die voorval plaasgevind het.

Die presiese gebeure tydens die voorval is nog duister en ‘n wye soektog na die kapers deur ‘n gedugte polisiespan duur voort.

“Ons sal nie rus voordat ons die skuldiges aangekeer het nie.”

Dit is die woorde van ‘n offisier in die SAPD wat sedert gisteraand onverpoosd werk om die aanvallers vas te trek.

Die voertuig wat gekaap was (‘n rooi Ford Fiesta) is gisteraand in KwaThema deur polisie gevind. Die verdagtes was egter nêrens naby nie. Die soektog en ondersoek duur voort.
Ons dra ons innige simpatie aan die gebroke familielede oor.

 

Inwoners van die dorp het Saterdagoggend blomme voor die huis (waar die voorval gebeur het) geplaas om hul medelye aan die familie te betoon.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button