Local newsNews

Polisievoertuie in ongeluk terwyl hulle verdagtes jaag

Een Ratanda polisievrou ernstig beseer toe voertuig sloot tref.

‘n Polisievrou van Ratanda is ongeveer 11:00 vanoggend ernstig beseer toe die voertuig waarin sy en ‘n kollega gery het, van agter deur ‘n polisievoertuig van Duduza getref is.

 

Volgens Adjudant Offisier Wollie Wolmarans, wat hulp op die toneel verleen het, het die twee voertuie glo ‘n verdagte voertuig op die R23 (Balfour-pad) gejaag toe die ongeluk gebeur het. Dit wil voorkom of die voorste voertuig gerem het, waarna die agterste bakkie hom getref en in ‘n sloot (oorkant U-Save in Rensburg) laat beland het.

 

Die ander lede is vir ligte beserings op die toneel behandel.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button