Nigel AfriForum voorsitter bedank
Die voorsitter van AfriForum se Nigel-tak het op 14 Februarie (net soos Zuma) sy bedanking bekendgemaak.

Maar waar talle gejubel het oor Zuma se bedanking, behoort veral Nigel-inwoners baie bekommerd te wees oor die bedanking van hul AfriForum-tak se voorsitter.
AfriForum is ‘n nie-regeringsorganisasie, geregistreer as ‘n maatskappy sonder winsoogmerk, met die doel om minderhede se regte te beskerm.
Hoewel die organisasie op die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, het AfriForum ‘n spesifieke fokus op die regte van Afrikaners as ‘n gemeenskap in die Suidpunt van Afrika.
Lidmaatskap is egter nie eksklusief nie en enige persoon wat hom met die inhoud van AfriForum se Burgerregtemanifes assosieer kan aansluit.
AfriForum se visie is:
Dat Afrikaners – wat geen ander tuiste ken nie – sinvol as Afrikaners en in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, volhoubaar aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
Lees meer in more se HERAUT oor die voorsitter (wat sedert Februarie 2016 hierdie tak gelei het)se redes vir sy bedanking.



