Local newsNews

Kom bid saam by kruis

Heidelberg se tweede Kruistog op 24 Maart gehou

Heidelberg se tweede Kruistog: In die voetspore van Jesus, waar inwoners die geleentheid kry om die sowat 1.5km na die kruis op die koppie agter die dorp te stap, word vir 24 Maart beplan.

 

Die dag word gratis aangebied met verskeie gebedspunte wat op die roete aangetref sal word. Stappers kan enige tyd tussen 09:00 en 14:00 begin stap. ‘n Geestelike sanger sal vir musiek by die kruis sorg en daar sal ook verversings te koop wees.

 

 

Kruistog T-hemde teen R70 vir volwassenes en R50 vir kinders word te koop aangebied.

 

Die Kruistog kan deur voetslaners sowel as bergfietsryers aangepak word. Veilige parkering sal aan die onderpunt (op die R23 verbypad langs Die Kloof) beskikbaar wees.

 

Vir meer besonderhede kan Poppie Brits by 082 854 4025 geskakel word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button