CrimeLocal newsNews
Grootskaalse soektog lei tot arrestasie van drie verdagtes
'n Polisie jaagtog na drie vermeende verdagtes het tot 'n reuse-ongeluk op die Heidelberg-Nigel pad gelei.

Die verdagtes het met ‘n ander voertuig op die pad gebots. Die twee insittendes (nie die verdagtes se voertuig) is met veelvuldige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.
Aldrie verdagtes het uit hul voertuig gespring en in die mielielande ingevlug.Polisie van Heidelberg, Nigel, Ratanda, Tsakane en Dunnottar se stasies het in die soektog deelgeneem en die al drie verdagtes is in die lande vasgekeer en suksesvol gearresteer.
Meer inligting volg later.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



