Bejaarde veg verbete terug toe twee haar tydens plaasaanval buite Nigel oorrompel
Hier volg meer foto's asook 'n opvolgberig ná die plaasaanval van 27 Maart op Witkop buite Nigel.

Hester Drinkwater (59) sterk tans by haar seun in Heidelberg aan na die plaasaanval wat op 27 Maart by Witkop (Nigel) plaasgevind het.
Sy is herhaaldelik met ‘n knopkierie geslaan en het verbete geveg om die meshoue van haar lyf af te weer.
Volgens polisiewoordvoerder Sers Nellie Dwaba was Drinkwater alleen in die huis toe sy deur twee mans in haar kombuis oorval en aangerand is.

Die aanvallers het Drinkwater met ‘n elektriese koord probeer vasbind en beveel om die kluis oop te sluit, maar sy het haar verset. ‘n Struweling tussen Drinkwater en een van die verdagtes het gevolg, maar hulle kon tog daarin slaag om die kluis oop te sluit, waarop hulle ‘n 9mm pistool en jaggeweer gevat het.
‘n Tuinwerker het intussen na ‘n naburige plaas gehardloop om hulp te ontbied en die buurman het Drinkwater te hulp gesnel. Skote is volgens inligting afgevuur toe een van die gewapende verdagtes op die buurman afgestorm het.

Polisiewoordvoerder Sers Nellie Dwaba het bevestig dat die liggaam van een van die verdagtes later in ‘n nabygeleë mielieland gevind is. Die ander verdagte het te voet gevlug, maar die polisie sal na verwagting binnekort ‘n arrestasie maak.
LEES DIE VOLLEDIGE BERIG OP 4 APRIL IN HERAUT



