Local newsNews

Op 92 geen keer aan besige Maria

Nigel inwoner leef elke dag voluit

Met die viering van haar 92ste verjaardag op 3 April, het Maria van Niekerk haar seëninge getel en besluit om net dankbaar te wees vir elke nuwe dag.
“Ek bly positief en kyk vorentoe. Die Here was goed vir my en het my met 92 lewensjare geseën,” het sy trots gesê.
Maria is ‘n boorling van Graaff-Reinet en was een van agt kinders. Haar familie het later na Pretoria verhuis waar sy ook haar man Jan in 1942 ontmoet het. Hulle is in 1949 getroud en twee seuns en drie dogters is later uit die huwelik gebore.

 

 

Lees ook: Gert Maritz vier 104 somers
Gedurende 1961 het die Van Niekerks na Nigel verhuis waar Jan die eienaar van die destydse Caravan Corner was en Maria het haar as tuisteskepper by die opvoeding van haar kinders bepaal. Dit is ook gedurende dié tyd wat Maria as lid van Nigel SAVF aangesluit het en is vandag die langslewende lid van die organisasie.
Na die afsterwe van haar man in 2005 het Maria haar intrek by Nigel Tuiste vir Bejaardes geneem. Wanneer sy nie ander inwoners met besoeke en eetgoed bederf nie, werskaf sy in die tuin of doen huistake.

 

Sy kook ook daagliks haar eie etes. Maria kla nie oor ernstige gesondheidsprobleme nie en sê “sy dink soms sy vergeet om siek te word.”
Wanneer die tyd haar toelaat, besoek sy graag haar kinders in Pretoria om tyd saam met haar 10 kleinkinders en 18 agterkleinkinders te spandeer.

 

 

Maria van Niekerk het op 3 April haar 92ste verjaardag gevier. Sy hou haarself bedags met huistake en tuinwerk besig.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button