Local newsNews

Chris vier 96ste verjaardag

Harde werk in die vorm van fisiese arbeid, is Christina (Chris) van Straaten se geheim tot ‘n lang en gelukkige lewe.

Sy vier op 18 Mei haar 96ste verjaardag en hoewel sy nie meer ‘n boervrou is nie, hou sy haarself deesdae met naaldwerk besig. Op haar dag het sy haar ontslape man Abraham in hul boerdery by Marble Hall bygestaan en wanneer sy nie tyd saam met haar kinders spandeer het nie, het sy saans troukoeke en verjaardagkoeke versier.

 

“Ons het met verskeie gewasse en tabak geboer en daardie jare moes almal maar inspring en help. Ek het meeste van die plaasimplemente self hanteer en die trekker was bedags my kantoor,” het sy trots vertel.

 

Chris is in 1922 in Potchefstroom gebore, waarna sy haar skoolloopbaan by Jagtfontein begin en later in Modderfontein afgesluit het. Sy het haar man in Johannesburg ontmoet en hulle is in 1943 getroud. Een seun en drie dogters is uit die huwelik gebore.

 

Na die afsterwe van haar man het sy haar intrek by Suikerbosoord Dienssentrum geneem.
Behalwe dat sy soms las het van haar bene, spog sy met goeie gesondheid en neem graag die hekelnaald op om haar dae te vul.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button