Marco Boshoff van Laerskool Tini Vorster het op 4 en 5 Mei aan die Valke Ekudibeng rugbyproewe in Boksburg deelgeneem waar hy vir die Valke o/13 A-span gekies is. Die finale Cravenweekspan word na afloop van die interprovinsiale wedstryde, wat deur die loop van die maand gespeel word, gekies.