
Die volgende leerders van Hoër Volkskool is tydens die rugbyproewe op 15 Mei by Hoërskool Hugenote in Springs in verskillende spanne onder die Valke Rugbyunie-sambreel opgeneem: Tristan Horak (o/18 rugby akademie-week), Jeandré Goosen (o/18 vyfdespan), Frederick Malgas (o/16 Doom Gouws Suidspan), Richard Muller (o/16 Grant Kgomospan), JJ du Plessis (o/16 Doom Gouws Suidspan), Waldo du Plessis (o/16 Doom Gouws Suidspan), Wessel de Wet (o/16 Doom Gouws Suidspan), Ulrich Viljoen (o/16 Doom Gouws Suidspan), PG Uys (o/16 Doom Gouws Suidspan) en Dihann Labuschagne (o/16 Doom Gouws uitnodigingspan).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



