Spesiale aanbiedinge en grootmaat is Kost Mart Trading se leuse
Kost Mart Trading is ‘n nuwe kleinsake onderneming wat onder andere in die verkoop van hoëgehalte honde- en katkos onder bekende handelsname soos Montego spesialiseer.
Die winkel is in Athlonestraat 2 geleë en bied ‘n verskeidenheid produkte waaronder troeteldierhappies, voëlsaad, geblikte troeteldierkos en bykomstighede, braai produkte, grondbone en rosyne asook die Suid-Afrikaanse NuttyP grondboontjiebotter-reeks teen sakpas pryse te koop aan. Troeteldiergesondheid word ook by Kost Mart Trading aangespreek.
Daarvan getuig rakke vol Regal gesondheidsorg- en Bob Martin-produkte. Hout, houtskool, braai brikette (Egte Braai) asook fabrieksoorskot energiedrankies (Sustanate) is tans in grootmaat by die winkel beskikbaar.
Kost Mart Trading het ontstaan nadat die eienaar, Eugene Koster die korporatiewe wêreld na 28 jaar vaarwel geroep het om sy eie besigheid op die been te bring.
“Ek het na skool as betaalpuntpakker by ‘n groot handelaar begin werk en my pad stelselmatig opgewerk. Ek was bevorder tot kassier, hoofkassier, vloerbestuurder, ontvangsbestuurder, winkelbestuurder en toe area bestuurder, maar die entrepreneurin my het vir meer gevra en dit was my droom om my eie onderneming te besit,” het Koster vertel.
Hy het sy kennis en ervaring (veral in die verspreiding van produkte in grootmaat) saamgespan en na deeglike marknavorsing het Kost Mart Trading die lewenslig gesien.
“Ons verskaf vriendelike diens, kwaliteit produkte en die beste pryse, maar ons fokus is beslis op spesiale aanbiedings op geselekteerde produkte” het hy gesê.
Hy het boere en klante van naburige dorpe verseker dat aflewering van grootmaatprodukte (binne ‘n 100km radius) teen ‘n koste beskikbaar is.
Dit is nou kompetisietyd by Kost Mart Trading en klante wat R500 of meer op die Montego droë hondekosreeks spandeer, staan ‘n kans om ‘n splinternuwe potspeltafel te wen. Die trekking vind op 30 Augustus plaas. Vir klantegerief is ‘n kaartfasiliteit in die winkel beskikbaar.
Besigheidsure is vanaf 08:00 tot 17:00 Maandae tot Vrydae en vanaf 08:30 tot 13:00 op Saterdae. Vir navrae, skakel 084 706 3862.



